’n Programtitel beskryf dikwels veel meer as wat ons op die oog af sien.
Gerhard praat met Francois Knowles, die registrateur van APAC, wat toesig hou oor die regulering van agente in die landbousektor. Vee- en varsprodukte-agente moet aan sekere regulasies voldoen, en Francois en sy span verseker dat ons boere teen onetiese gedrag beskerm word.
Leierskap is die meganisme waardeur die beste op 'n volhoubare wyse in mense na vore gebring kan word, tot voordeel van beide die leier en die volgelinge.
Sers. Maj (afgetrede) Koos Moorcroft, voormalige Sersant-majoor van die Weermag en stigterslid van die Recces, die Suid-Afrikaanse verkenningskommando. Koos deel sy ervarings en die ruggraat van goeie leierskap. Of jy nou in ’n senior of junior posisie is, kyk saam en leer wat belangrik is, want goeie leierskap is uiters skaars.
Enigiemand kan 'n produk maak van 'n diens beskikbaar stel, maar die vraag is hoe word daar 'n behoefte vir die produk van die diens geskep is, sodat daar 'n voordeel sal wees vir al hierdie moeite.
Ek gesels met Werner Landman van die Core Group oor die basiese beginsels van goeie Bemarking en hoe dit 'n sakeman of – vrou sal bemagtig om 'n sukses van die onderneming te maak.
Daar is basiese dinge, vanuit 'n menslikehulpbronperspektief, wat in plek moet wees om jou besigheidsrisiko te verminder. Ons bespreek onder meer kontrakte, wat nodig is en hoe dit geïnterpreteer moet word.
Jy sal beslis twee keer dink om dit in plek te kry.
Dit is sekerlik een van die grootste uitdagings in die landbou vandag.
Alhoewel die “bottom line” is dat elkeen verantwoordelik is vir hul eie veiligheid, en geen organisasie die verantwoordelikheid kan aanvaar om namens boere en gemeenskappe te praat nie, is dit nietemin noodsaaklik dat gemeenskappe op 'n georganiseerde wyse saamwerk om misdaad te bekamp. Misdaad word in elk geval dikwels georganiseer. Genl-maj (Afgetree) Roland De Vries deel praktiese oplossings om proaktief en doeltreffend op 'n voorkomende wyse op te tree.
Kopiereg © 2024 Vriende van Landbou.
Alle regte voorbehou.
Webwerf ontwerp, bestuur en verbeter deur Dimensie WebWorx.
Bly verbind met die jongste opdaterings van Friends of Agriculture! Teken in op ons nuusbrief vir eksklusiewe inhoud, bedryfsnuus en opwindende geleenthede, direk by jou inkassie afgelewer.
Moenie uitmis nie - sluit vandag by ons gemeenskap aan!