
{
{
Vriende van Landbou wil daarmee die publiek, wat nie noodwendig direk by landbou betrokke is nie, bewus maak van die omstandighede waarin boere werk en ’n netwerk vestig waardeur geld en kundigheid tot die organisasie se ledenetwerk beskikbaar kan raak. Dit word dan tot voordeel van boere gebruik en om hulle onder meer in krisistye by te staan.
Ons werk saam met Vriende om gemeenskappe te bemagtig en op te lei oor hoe om effektiewe en werkbare planne te beraam en toe te pas om sodoende te verseker dat die hele gemeenskap betrokke is daarby om die veiligheid van almal te verseker.
Verskeie kundiges in die lanbousektor bied hul tyd en vaardigheid aan om via toesprake, webinars,TV en radioprogramme en vergaderings boere in te lig oor wat die kwessies is en hoe hulle moet beplan vir die verskillende scenarios.
Donasies van individue en besighede word aangewend om donasies van ander hulpmiddels te fasiliteer. Soos byvoorbeeld, diesel te betaal om over van skenker na ontvangers te neem. Ons werk saam met georganiseerde landbou en individue op grondvlak om effektief alle landbouers te dien – ongeag van geslag, ras, geloof of ander affiliasies. Toedeling van fondse word twee keer per jaar deur ons ouditeure gepubliseer.
Click on the button below to view the website.